supanova daisy — lyrics

Nicole Karmine (NiKA)
1 min readSep 11, 2024

--

Dit is aand

en daar is ‘n ster

wat jou wil kom haal

Hy skiet oor jou kop

En jy wonder

wat jy daaroor moet voel

Die druk

Van die dag se swaartekrag

Dis genoeg om jou nou

In sekondes te laat bars

Glo jy in supanovas

Daisy my lief

Ontplof jou wereld

my harte-dief

Daar is niks so mooi

soos die skyn in jou oe

‘n supanova

my liggie daarbo

En die melkweg

vind sy pad

na jou hart

‘n stukkie wit lig

vee weg jou smart

Onthou jy nog

my hand in jou hare

onder die sterre

en appelkoosboomblare.

Glo jy in supanovas

Daisy my lief

Ontplof jou wereld

my harte-dief

Daar is niks so mooi

soos die skyn in jou oe

‘n supanova

my liggie daarbo

En ek le vanaand

op my ou wolkombers

en kyk na die hemel

so swart en pers.

My hart wens

vir jou

en ‘n verskietende ster

dan voel jy dalk

nie meer so ver.

Glo jy in supanovas

Daisy my lief

Ontplof jou wereld

my harte-dief

Daar is niks so mooi

soos die skyn in jou oe

‘n supanova

my liggie daarbo.

--

--

Nicole Karmine (NiKA)
Nicole Karmine (NiKA)

Written by Nicole Karmine (NiKA)

a soul exploring the curiosities of being human in this universe. and a writer indulging in the potpourri bowl of humanly crafted words.

No responses yet