kaal_kind — poem / lyrics

Nicole Karmine (NiKA)
2 min readDec 16, 2023

--

poetry turned to song. it’s my single debut — in afrikaans.

you can listen on spotify or apple or watch lyric video on youtube.

Lyrics

Haar potblou oë

In die môre Son

Handjie klou vas

Aan die mielieblom

Sy kyk na jou soos jy nader kom

Sy’s die kaalvoet kind

Wind verwaaid

Om jou bors gebind

Op die skoppelmaai

Waai windjie waai

Waai windjie waai

Jou hart loop rond

In haar lyfie

Kleur haar bont

Met jou lag

Daar is niemand

Soos sy nie

So hou haar vas

In die donker nag

Sy’s die kaalkop kind

In haar baaikostuum

Jou in die branders vind

En reg deur jou sien

sy trek jou aan…

jou hart se riem

Haar hart is skoon

Gewaai en was

Haar glimlag bekroon

Met pure verras

Waai windjie waai

Waai windjie waai

Jou hart loop rond

In haar lyfie

Kleur haar bont

Met jou lag

Daar is niemand

Soos sy nie

So hou haar vas

In die donker nag

En daar is nêrens in die wêreld

of die hemelruim

Waar jy haar gaan kan kry

Waar jy haar gaan kan kry

Daar is nêrens in die wêreld

of die hemelruim

Sy is gemaak vir iemand anders….

iemand anders, as jy

Sy is die kaal_kind

Die kaal_ kind

Die wind en reën

Gespreek soos ‘n seën

Sy is die kaal_kind

Die kaal_ kind

Die wind en reën

Gespreek soos ‘n seën

[ oooh-oooh-oooh ]

Jou hart loop rond

In haar lyfie

Kleur haar bont

Met jou lag

Daar is niemand

Soos sy nie

So hou haar vas

In die donker nag

Kleur haar bont

Met jou lag

En hou haar vas

In die donker nag

Voor jy wakker word

Sal sy dalk net wag…

vir jou.

Sal sy dalk net wag…..

vir jou……

--

--

Nicole Karmine (NiKA)
Nicole Karmine (NiKA)

Written by Nicole Karmine (NiKA)

a soul exploring the curiosities of being human in this universe. and a writer indulging in the potpourri bowl of humanly crafted words.

Responses (1)